Thursday, June 18, 2009

My blog het geskuif!

Hallo daar as jy op my ou blog beland het! Ek het besluit om eerder my blog na Wordpress toe te skuif omdat ek net genoeg gesukkel het met Blogger. So kom besoek my nuwe blog by http://mooigoed.wordpress.com/

Picture 3

Saturday, June 13, 2009

Friday, June 12, 2009

Mooi mooi mooi goed.....bling bling!

Compacts (hierdie is almal van Estee Lauder) is nou die ultimate in bederf.  Ek het 'n kleintjie soos die waarin parfuum is (gekoop by 'n Estee uitverkoping -ala Evelyn)



En een soos die vir poeier - maar ek is so jammer om dit te gebruik:  dis nog net soos dit verpak is in my kas - miskien is dit nou tyd om dit uit te haal!

Thursday, June 11, 2009

eye shadow



Van kleins-af is ek mal oor eyeshadows - kom seker ook van Tannie Lenie af (dieselfde een met die breinaalde en wol) se vakansies by ons met haar blou make-up tassie. 

Nee kyk, ek het genoeg eyeshadows hoor - nou nie dat ek dit eintlik vreeslik baie gebruik nie!
Ek moet dit net hê!
"Eye shadow, sy dra te veel eye shadow" (Valiant Swart)








Wednesday, June 10, 2009

Saturday, June 6, 2009

Friday, June 5, 2009

Wednesday, June 3, 2009

Foto's van my ma

Dit is vandag my ma se verjaarsdag.
Sy sou vandag 75 gewees het.
Hierdie jaar in Julie is sy 10 jaar gelede dood.

Hier is sy 16
Vreeslik trots op haar fiets en kleurbaadjie afgeneem by haar eerste werk - Vrede Stasie - as klerk.
Iewers op Vrede


Op 21 by haar pa se kar

By 'n vriendin - jonk, mooi en in die mode
Ek mis haar ..... veral op dae soos vandag.
My kinders het jou eintlik so min as 'n ouma geken.
Geluk met jou verjaarsdag, Lenatjie. Ek wens ek kon jou 'n drukkie gee......

Tuesday, June 2, 2009

Monday, June 1, 2009

wol......woller.....wolste!

Winter en wol is sinoniem.  Ek onthou van kleinsaf het Tannie Lenie gedurende die wintervakansies kom kuier.  En sy was altyd besig met een of ander wolprojek en sy het altyd vir my wol en naalde gebring om te brei.......



Ek hou van lekker dik wol in winterskakerings.........



en wol met verskillende teksture 



Sunday, May 31, 2009

Brinjals/Aubergine/Eierplant

Die vrug/groente wat vir my die mooiste is.



Ek onthou toe ek klein was, het my pa dit op 'n dag van die werk af gebring (iemand het dit vir hom gegee uit sy tuin uit) en ek het my verwonder oor die kleur en vorm daarvan en die feit dat daar sulke groente/vrugte bestaan het.  Deesdae is dit 'n groot treat om 'n sharwma te bestel, gevul het eiervrug.




Saturday, May 30, 2009