Saturday, March 28, 2009

Ek wens

Ek wens ek was die skaduwee
wat aan jou voete rus
daar sou ek droomloos sluimer,
tevrede en gerus.

Ek wens ek was die bruin karos
wat jy oor jou bed kan sprei
en later as dit winter word,
kom lê jy onder my.

Ek wens ek was 'n tjello
wat teen jou lyf kon sing
in die holtes van jou heupe
sou ek my musiek kon bring.

Ek wens ek was 'n silwer fluit
wat teen jou lippe lê
die note van jou asem 
sou ek deur my lyf kon hê.

deur: Coenie de Villiers 



1 comment: