Thursday, April 30, 2009

Foto's van ou goed

Ou, verweerde goed soos plaashekke, murasies, 'n ou verroesde stoor, ensovoorts, soos hierdie trappe na die ou hangbruggie waarop ek as kind een vakansie  in Parys (dis nou nie Paris nie)
gespeel het, bring aangename herinneringe van lekker kinderjare terug.

Wednesday, April 29, 2009

'n Baie vuil varkie

'n Varkie of 'n varkhond?????.................my bull terrier, Schabbers, nadat ek haar op heterdaad betrap het waar sy besig was om 'n sprayer uit te grou!  Is dit nie 'n gesig wat 'n mens sommer kan opvreet nie?  Hoe kan jy nou raas en kwaad word?

Tuesday, April 28, 2009

Monday, April 27, 2009

Sunday, April 26, 2009

My eie geskenkpapier!!


Ek is dan nou ook into scrapbooking op die computer!  Dit verbeter nogal jou computer skills.
Hier het ek sommer rondgespeel met van die prentjies wat ek afgelaai het van 'n scrap site af.
Ek dink dit sal nogal mooi lyk as geskenkpapier.  Wens 'n printer (dalk die een van Sandy's ribbons) wil dit raaksien - wie weet dalk word ek nog 'n beroemde designer!  Ha Ha!

Saturday, April 25, 2009

'n Plekkie by die see


...weet nie waar hierdie plekkie is nie, maar ek wens ek was nou daar.

Uit:  Leef  tydskrif

Friday, April 24, 2009

My ou varkie......

Schabbers.
  Nou 9 maande oud.  Besig, 24 uur/7dae.....vreet aan als!!!! Maar haar ma se hele hart!  Kan net so dierbaar wees as wat sy stout is .

Thursday, April 23, 2009

Nog mooi Steve woorde.........


*  Daar is mense wie se asem my laat bewe en ander wie s'n my laat sterf.  Daar is mense wat ek
    lewe gee met myne en ander wie ek daarmee versmoor.
*  My stokperdjie is aktualiteit.  My hart is liefdadigheid. My markplein die blog.  My metodes 
    militant.  En my desibels hemelhoog.
*  Soms hou ek skielik op met praat, of huil in simpel flieks.  Ek's 'n verleentheid vir die alpha 
    male.
*  Ek het Hom al afgeklap, maar daar is nie 'n manier om van Hom ontslae te raak nie.  Hy sit 
    trouens op albei my skouers.  Ek het nie 'n duiwel wat aan die een kant sit nie.
*  Ek lewe 'n baie eensame lewe en die getal mense wat om my is, het niks uit te waai met hoe 
    eensaam ek is nie.  Ek het 'n kamer hierbinne waar ek baie happy is.  So 'n one man band.
*  Dag 4 na my operasie het ek konsert gehou in Saal 6.  Ou mense, gebroke mense, seer mense 
    en kinders het met hul binneaarse voeding in die gange afgestap gekom.  Een tannie het 
    stadig om die draai gekom met:  Is that Roger Whitaker?  I thought I'd died and gone to 
    heaven. 
    Uit onderhoud met Sarie:   September 2008

Wednesday, April 22, 2009

Tuesday, April 21, 2009

Vrolike vet vroutjies


Dancing Class

                         
Juggling


Bridge Party


Geteken deur Beryl Cook:  Portal Gallery, London

Monday, April 20, 2009

Irisse

  ....maar net die perses

Sunday, April 19, 2009

Saturday, April 18, 2009

Friday, April 17, 2009

Thursday, April 16, 2009

Steve Hofmeyr se mooi woorde


Liewe Heer:

Dankie dat U my so voorgetrek het.

Ek sou my seëninge kon tel as hulle net stadiger gekom het.

Maar dankie vir die kroon van U liefdadigheid,

my seuns Sebastian (my koning) en Benjamin (my ster).

En as U dit in U hart kan vind om vir my vrou

‘n beter man te stuur (net nie nou nie),

wat vir haar mooi rose pluk,

belowe ek om ekstra tuinwerk te doen daar Bo.

Dankie vir elke mens en dier wat deur my lewe geloop het.

Ek persoonlik dink dis U forte:  vreemde skepsels.

Kan ek vra dat U my strawwe versigtig sal uitdeel.

Straf my sag vir vloek en luiheid,

maar looi my vir elke geleentheid wat ek nie aangegryp het nie

en die kere wat ek U dans in my ore nie gevoel het nie.

U ken my.

Ek vra U min.

En al gee U nie ‘n jota of tittel meer nie,

Die sterfling hier onder wat U peper met dankies,

is ek,

Steve

 

Ek is nou nie juis 'n Steve-fan nie - MAAR 'n groot fan van sy woorde!  En het hy 'n way with words.  Hy sê iets doodgewoond op so'n ongewone wyse dat jy dit net oor en oor moet lees.  Nee...hy mag maar skryf.

Wednesday, April 15, 2009

Al weer LANCE!!!!

Vir my is hierdie 4 foto's van Lance nog altyd die mooiste.

Tuesday, April 14, 2009

Mooi boekies en skryfgoedjies


Some people come into our lives and quickly go.
Some stay for a while and leave footprints on our hearts.
And we are never ever the same.

Monday, April 13, 2009

Sunday, April 12, 2009

Saturday, April 11, 2009

Die See


Wens ek was nou daar....wens ek het my eie privaat stukkie see gehad....

Friday, April 10, 2009

Baba hondjies




Dogs have stolen our hearts,
our homes and our wallets:
not necessarily in that order...

Houtgoedjies

Wednesday, April 8, 2009

My all time favourite fliek!!!!!



Het dit seker al 10 keer gekyk en dit is elke keer vir my so mooi......
Die moderne Aspoestertjie-storie.
En Julia Roberts.....my favourite aktrise.
En Richard Gere .... nou ja.... ek kan seker maar net droom.....

Tuesday, April 7, 2009

Huisie by die see

Almal wil 'n huisie by die see hê.  Wens ek was nou daar.  Hierdie foto is van die houthuisies by St James by Kalkbaai.


En hierdie houthuisies is by een van die strande langs Engeland se kus. Kan nie besluit of die helder kleure mooier is as die pastelkleure nie. Hierdie huisies in Engeland is te koop en is baie duur en mense val oor hul voete om een in die hande te kry.

Sunday, April 5, 2009

Winter


Alhoewel ek nie van die koue van winter hou nie, is die winterlandskappe so mooi.

Saturday, April 4, 2009

Skulpies


Dis darem iets van die see wat jy saam met jou huis toe kan vat.  
En dan na die see verlang ....

Friday, April 3, 2009

Thursday, April 2, 2009

Woestynrosies


Mal oor hierdie rosies!  Is oral in my tuin op plekkies.  Jy plant hulle sommer so sonder wortels en hulle gaan nie eers dood nie.  

Wednesday, April 1, 2009

SONNEBLOMME EN OF COURSE.......LANCE


I WANT TO DIE AT A HUNDRED YEARS OLD WITH AN AMERICAN FLAG ON MY BACK AND THE STAR OF TEXAS ON MY HELMET,  AFTER SCREAMING DOWN AN ALPINE DESCENT.
I WANT TO CROSS ONE LAST FINISH LINE ... AND THEN I WANT TO LIE DOWN IN A FIELD OF FRENCH SUNFLOWERS AND GRACEFULLY EXPIRE.  (Lance Armstrong - in sy boek Its not about the bike)