Thursday, April 23, 2009

Nog mooi Steve woorde.........


*  Daar is mense wie se asem my laat bewe en ander wie s'n my laat sterf.  Daar is mense wat ek
    lewe gee met myne en ander wie ek daarmee versmoor.
*  My stokperdjie is aktualiteit.  My hart is liefdadigheid. My markplein die blog.  My metodes 
    militant.  En my desibels hemelhoog.
*  Soms hou ek skielik op met praat, of huil in simpel flieks.  Ek's 'n verleentheid vir die alpha 
    male.
*  Ek het Hom al afgeklap, maar daar is nie 'n manier om van Hom ontslae te raak nie.  Hy sit 
    trouens op albei my skouers.  Ek het nie 'n duiwel wat aan die een kant sit nie.
*  Ek lewe 'n baie eensame lewe en die getal mense wat om my is, het niks uit te waai met hoe 
    eensaam ek is nie.  Ek het 'n kamer hierbinne waar ek baie happy is.  So 'n one man band.
*  Dag 4 na my operasie het ek konsert gehou in Saal 6.  Ou mense, gebroke mense, seer mense 
    en kinders het met hul binneaarse voeding in die gange afgestap gekom.  Een tannie het 
    stadig om die draai gekom met:  Is that Roger Whitaker?  I thought I'd died and gone to 
    heaven. 
    Uit onderhoud met Sarie:   September 2008

1 comment:

  1. Steve bly maar vir my een van die beste mense al was hy nie n sanger nie sou hy iets anders gedoen het maar derduisende harte sou hy vul met Waardes, Liefde, Geduld, Diepte, vas staan in wat jy glo en veg vir wat belangrik is om behoue te bly......
    Hy mag miskien voel hy is alleen maar Ek kan jou se hy moet net moed hou en vas hou aan dit wat hy vir ander mense beteken.
    Dankie Steve en Dnakie Here vir die talent was hy jou gegee het....

    ReplyDelete