Saturday, March 28, 2009
Plekkies in my tuin
Oral in ons tuin het ek en my tuinier, Samuel, mooi hoekies geskep met klippe, blomme en waterbakke wat baie voƫltjies lok. Hy het eers gedink ek is heeltemal mal met al die klippe en boomstompe wat ek van oraloor aangery het.... nou is hy die een wat elke dan en wan hier aankom met 'n mooi klip of twee. Ek het hom een dag saamgevat kwekery toe en sy mond het oopgehang toe hy sien dat van die klippe daar tot R200 kos.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment