Tuesday, April 21, 2009

Vrolike vet vroutjies


Dancing Class

                         
Juggling


Bridge Party


Geteken deur Beryl Cook:  Portal Gallery, London

Monday, April 20, 2009

Irisse

  ....maar net die perses

Sunday, April 19, 2009

Saturday, April 18, 2009

Friday, April 17, 2009

Thursday, April 16, 2009

Steve Hofmeyr se mooi woorde


Liewe Heer:

Dankie dat U my so voorgetrek het.

Ek sou my seëninge kon tel as hulle net stadiger gekom het.

Maar dankie vir die kroon van U liefdadigheid,

my seuns Sebastian (my koning) en Benjamin (my ster).

En as U dit in U hart kan vind om vir my vrou

‘n beter man te stuur (net nie nou nie),

wat vir haar mooi rose pluk,

belowe ek om ekstra tuinwerk te doen daar Bo.

Dankie vir elke mens en dier wat deur my lewe geloop het.

Ek persoonlik dink dis U forte:  vreemde skepsels.

Kan ek vra dat U my strawwe versigtig sal uitdeel.

Straf my sag vir vloek en luiheid,

maar looi my vir elke geleentheid wat ek nie aangegryp het nie

en die kere wat ek U dans in my ore nie gevoel het nie.

U ken my.

Ek vra U min.

En al gee U nie ‘n jota of tittel meer nie,

Die sterfling hier onder wat U peper met dankies,

is ek,

Steve

 

Ek is nou nie juis 'n Steve-fan nie - MAAR 'n groot fan van sy woorde!  En het hy 'n way with words.  Hy sê iets doodgewoond op so'n ongewone wyse dat jy dit net oor en oor moet lees.  Nee...hy mag maar skryf.

Wednesday, April 15, 2009

Al weer LANCE!!!!

Vir my is hierdie 4 foto's van Lance nog altyd die mooiste.