Thursday, April 16, 2009

Steve Hofmeyr se mooi woorde


Liewe Heer:

Dankie dat U my so voorgetrek het.

Ek sou my seëninge kon tel as hulle net stadiger gekom het.

Maar dankie vir die kroon van U liefdadigheid,

my seuns Sebastian (my koning) en Benjamin (my ster).

En as U dit in U hart kan vind om vir my vrou

‘n beter man te stuur (net nie nou nie),

wat vir haar mooi rose pluk,

belowe ek om ekstra tuinwerk te doen daar Bo.

Dankie vir elke mens en dier wat deur my lewe geloop het.

Ek persoonlik dink dis U forte:  vreemde skepsels.

Kan ek vra dat U my strawwe versigtig sal uitdeel.

Straf my sag vir vloek en luiheid,

maar looi my vir elke geleentheid wat ek nie aangegryp het nie

en die kere wat ek U dans in my ore nie gevoel het nie.

U ken my.

Ek vra U min.

En al gee U nie ‘n jota of tittel meer nie,

Die sterfling hier onder wat U peper met dankies,

is ek,

Steve

 

Ek is nou nie juis 'n Steve-fan nie - MAAR 'n groot fan van sy woorde!  En het hy 'n way with words.  Hy sê iets doodgewoond op so'n ongewone wyse dat jy dit net oor en oor moet lees.  Nee...hy mag maar skryf.

2 comments:

  1. jissie. dis mooi woorde - ek is ook nie 'n fan nie, maar hy kan 'n ding darem mooi sê.

    ReplyDelete
  2. Ja dit is seker mooi woorde en baie diep maar dit klink of die man homself straf.
    Nee man, hy was die beste man wat hy kon wees, ons moet ophou om so hart op onsself te wees.
    Ek se altyd Ek vertrou my man Ek vertou nie ander vrou nie....
    (Dis nie op alle mans en vroue gerug nie)
    Dit vat een ommblik van swakheid, en jy sit met die gebakte pere.
    Steve bly jy net die persoon wat jy is en onthou jou seuns word groot en eendag sal hulle dit ook verstaan.... Jy beteken vir der duisende mense die wereld en vir die wereld is jy net n mens.
    "Ons almal maak tog foute" maar saam maak ons n span"....... Solank as daar n vrou staan agter elke man..............

    ReplyDelete