Dit is vandag my ma se verjaarsdag.
Sy sou vandag 75 gewees het.
Hierdie jaar in Julie is sy 10 jaar gelede dood.

Hier is sy 16

Vreeslik trots op haar fiets en kleurbaadjie afgeneem by haar eerste werk - Vrede Stasie - as klerk.

Iewers op Vrede

Op 21 by haar pa se kar

By 'n vriendin - jonk, mooi en in die mode

Ek mis haar ..... veral op dae soos vandag.
My kinders het jou eintlik so min as 'n ouma geken.
Geluk met jou verjaarsdag, Lenatjie. Ek wens ek kon jou 'n drukkie gee......