Saturday, March 28, 2009

Om te reis

Ligte middagete 
op die enjinkap
Hoenderboudjies, frikkadelle,
     blou eiers (sout en peper in 'n pakkie)
witbrood met dik botter
koffie uit 'n fles -
Hierdie jaar doen ons dit 
      op die outydse manier.
Populierbome, plaasdraad, 
      koeie se kake markeer stadig die pas.
Herkou aan hierdie dag se 
      blou koepel waaraan
stapelwolke onderstebo hang. 

deur Roof Bezuidenhout:  Retoer

No comments:

Post a Comment