Wednesday, May 20, 2009

Mooi woorde

Lees nou die dag die stukkie deur Phillip de Vos in Duskant Maandag in Rapport Tydskrif oor sy hond Winnie.

Winnie het in my lewe gekom op 'n warm Desemberdag in 1993 - 'n klein pikswart Staffie wat bo-oor al haar broers en susters geklim het toe ek haar gaan uitsoek het.
In haar jongmeisie-dae het sy gedoen wat alle hondekinders doen.  Gekou. En ek het geleer van haar voorkeure.  Kook en Geniet was een van haar gunstelinge.  Sy het hom aan flardes gekou en toe was dit die Bybel se beurt.  Nadat sy al 66 boeke van Genesis tot Openbaring verorber het, sê my vriend Peter:  "Ja , nou het sy Die Blye Boodskap in haar!"

No comments:

Post a Comment