Saturday, May 9, 2009

TT Cloete se mooi woorde


Ek herken jou voetstap in 'n besige straat 
Ek hoor hou stem sonder dat jy praat.
Kyk ek sonder jou, is daar skille
oor my diep oogkasse, ek
kyk sonder pupille.
Ek soek jou omtrek om my getrek,
ek soek jou in die appel van my oog
Kyk ek na die melkweg, in die gras, 
in die water, na die boog
van die aarde, altyd iewers is jy ingepas.


Uit die gedig:  Anna (wat prof TT Cloete vir sy vrou geskryf het)

No comments:

Post a Comment