Tuesday, March 31, 2009

WOORDE


VUL JOU HART MET VREDE.  Voel die wind in jou hare.  Koester jou kleintyd.  Droom en doen.  VUL JOU DAE MET VREDE.  Skep asem vir jou siel.
Doen iets omdat dit vir jou lekker is.  Leef met 'n uitroepteken - nie net met 'n punt, 'n punt, 'n punt nie!  VERLOOR JOU HART IN DIE STOFPAD VAN STILTE, IN KLAPPERBOSSE EN SOET TURKSVYE, IN HORISONNE VAN KAALVOETTYE.

Elizabeth Eybers se gedig: DEESDAE


Die muse skyn my deesdae te vermy.
Niks aan te doen. Geduldig verder gaan.
My kleinseun - vyf en 'n half - en ek verstaan
mekaar.  Laat maar, want jij bent oud sê hy
wanneer ek blyk van onbehendigheid
by die saamstel van 'n speelgoedhyskraan gee.
Hy wil gaan fiets.  Dit reent.  Je hoeft niet mee,
dan wordt je haar zo nat.  Dis geen verwyt.
Die dae wedywer om hom te laat gedy,
elke kontoer word liefderyk afgerond, 
gepoets, albasterglimmend en gesond.
Die dae het iets ander voor met my.
Wat ben je stil vandaag.  Geboë oor
sy lego eis hy meer geselligheid.
Ek sing 'n liedjie uit my kindertyd.
Ben jij vra hy beleef ook lid van het koor?
Hy sê opeens het duurt nog heel heel lang
voor jyj doodgaat - nog meer dan honderd dagen.
Gulheid oorskry sy rekenkunde, skraag en
vertroos ons, maak ons bly en amper bang.

bottels en bottels



Die mooiste gedeelte in Fiela se Kind deur Dalene Matthee is vir my die gesprek tussen Benjamin en Nina in die Bos oor haar bottels.
 
"Wie se bottels is dit?"
"Myne."
"Hoekom steek jy hulle hier weg?"
"Sommer."
"Waar het jy hulle gekry?"
"Die soetoliebottel en die twee blou bottels het ek opgetel en die kraffie het ek gesteel."
"Vir wat het jy dit gedoen?"
"Omdat die kraffie die mooiste klank maak."
Sy het die bottels een vir een opgetel en liggies oor die bekke geblaas om diep op elkeen 'n ander klank te laat tril.  "Dis my musiek!"  het sy saggies gesê.  

Monday, March 30, 2009

Gare en Materiale



Tolletjies gare, veral van die ou soort, laat my soos 'n ryk Jood voel....... Ek is nou nie juis 'n naaldwerkster van formaat nie, maar het 'n kis vol materiale van verskillende teksture......wat ek daarmee wil maak, weet ek nie.  Dis net vir my lekker om daarna te kyk en daaraan te vat.  
'n Kwilt eendag.... miskien.....????

Sunday, March 29, 2009

Jak de Priester


Een van die mooiste liedjies wat Jak sing is:


BALLADE VIR 'N REISIGER




Êrens in'n spasie
moet ek my toekoms vind.
Kantoorgebou in Sandton
of Jeffreysbaai se wind..?
In Londen op die treine
kan ek reis van punt tot punt,
maar daar is Maandae liggrys
en jou drome in die wind.
Iewers in die lewe
is daar 'n plekkie in die son.
Ek wens ek het geweet
hoe om daar te kom.
Miskien is dit in China?
Miskien in Swaziland?
Miskien met witvoetsole
in Zanzibar se sand?
Sê my, waar is die pad waarlangs jou toekoms lê?
Sê my, is dit 'n sonde as ek antwoorde wil hê?
Sê my, of jy saam stap waarheen ek ookal gaan?
Sê my, is ons regtig nes die foto's in die raam?
Miskien is dit China?
Miskien is dit Swaziland?
Miskien met wit voetsole
op Vishoek se wit strand?


Die foto het in Leef  tydskrif verskyn.  
Ek het al sy cd's - waarvan 2 deur hom geteken is.
Het al een van sy shows bygewoon en hom persoonlik ontmoet.
Die show was WOW en hy is 'n ongelooflike mens met die mooiste lang vingers!
En ek kort nog net een van sy boeke.
Hy noem my miss mandy,maar dis 'n ander storie......

Varkore/rose/tulpe/madeliefies



Ik is nou niet een Kaaskop, maar tulpe sal altyd op my lysie wees.

















Varkore, rose, tulpe, madeliefies en sonneblomme is my favourite blomme.  





Foto's uit:  Leef 

blou...blouer....blouste



Is daar 'n mooier kleur as blou???

'n Klip is nie net 'n klip nie.....

Mooi skilderye




Moderne skilderye met helder kleure wat so effens abstrak is, is vir my mooi soos die van C Kotze.  Gaan kyk hier 

Lance Armstrong



My ultimate Hero!!!!

Saturday, March 28, 2009

My Bullie Schabbers






Op 27 Augustus 2008 het my - nee, ons gesin, se hele lewe handomkeer verander met die aankoms van my bullie.  'n Wit Bullterrier met 'n patch op die een oog waaroor ek al jare kerm.
En toe kry ek haar vir my verjaarsdag.  Dis nou omtrent 'n verjaarsdaggeskenk wat 'n mens nie kan opgebruik nie!  Hier is foto's van toe sy 'n babatjie was en op die laaste foto is sy nou 8 maande.Nie net die punt van haar ma se hart nie - sommer die hele hart vol.  En waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
Besig en onmoontlik!  En vreet alles .... maar alles.

Plekkies in my tuin



Oral in ons tuin het ek en my tuinier, Samuel, mooi hoekies geskep met klippe, blomme en waterbakke wat baie voëltjies lok. Hy het eers gedink ek is heeltemal mal met al die klippe en boomstompe wat ek van oraloor aangery het.... nou is hy die een wat elke dan en wan hier aankom met 'n mooi klip of twee.  Ek het hom een dag saamgevat kwekery toe en sy mond het oopgehang toe hy sien dat van die klippe daar tot R200 kos.

Ek wens

Ek wens ek was die skaduwee
wat aan jou voete rus
daar sou ek droomloos sluimer,
tevrede en gerus.

Ek wens ek was die bruin karos
wat jy oor jou bed kan sprei
en later as dit winter word,
kom lê jy onder my.

Ek wens ek was 'n tjello
wat teen jou lyf kon sing
in die holtes van jou heupe
sou ek my musiek kon bring.

Ek wens ek was 'n silwer fluit
wat teen jou lippe lê
die note van jou asem 
sou ek deur my lyf kon hê.

deur: Coenie de Villiers 



Michelle Garforth


Een van die mooiste vroue vir my.

Die foto is deur een van die tydskrif Sarie se fotograwe geneem en het in die Junie 2006 uitgawe verskyn.

Seemeeu neem my saam



.....waar jou reise ook mag gaan


Foto's deur Jeanette Verster:  http://www.jeanetteverster.com

Gaan kyk - sy neem die mooiste foto's!!!!!!!!

O die liefde ....


Jy het met jou lippe
aan my lewe geraak soos
maanlig en 'n sad song
Met jou lang vingers oor my rug
het jy maklik-maklik
ses jaar se depressie en magteloosheid
uit my lewe gestreel
soos 'n mens 'n kreukel uit 'n hemp stryk.
deur Danie Marais:  Dwaalkoeëls

Om te reis

Ligte middagete 
op die enjinkap
Hoenderboudjies, frikkadelle,
     blou eiers (sout en peper in 'n pakkie)
witbrood met dik botter
koffie uit 'n fles -
Hierdie jaar doen ons dit 
      op die outydse manier.
Populierbome, plaasdraad, 
      koeie se kake markeer stadig die pas.
Herkou aan hierdie dag se 
      blou koepel waaraan
stapelwolke onderstebo hang. 

deur Roof Bezuidenhout:  Retoer

Boom Boomer Boomste



Bome is vir my baie mooi.  Groen bome, bruin bome, dooie bome, herfsbome, .....hoe dooier die boom hoe mooier die boom.  Elsabe Steenberg het 'n boek geskryf met die titel Boom boomer boomste (wat eintlik niks met bome te doen het nie) - en dis hoe ek oor bome voel:  daar is bome en boomer en boomstes.  Ek lees nou die dag dat elke mens in Johannesburg 14 bome moet plant vir al die suurstof wat hul opgebruik.  So as jy nog nie 'n boom geplant het nie, plant een nou!  Ons het 4 massiewe peperbome op ons sypaadjie, seker so 20 jaar oud en ek dink hulle maak genoeg suurstof vir die inwoners en (hul diere) in ons hele straat. 


NS  Foto's kom uit Leef

Friday, March 27, 2009

Vuurtorings

















'n Vuurtoring is een van my favourite goed - veral die met helder geverfde strepe.